Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT
" Die Môrester " deur DONALD RIEKERT [boodskap #37576] Di, 05 Desember 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE MÔRESTER
Donald Riekert

Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine
Re: " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT [boodskap #38002 is 'n antwoord op boodskap #37576] Ma, 25 Desember 2000 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> Ek sou graag wou weet: Wat is die betekenis van die gedig vir elkeen hier
> wees - wat lus is om te antwoord.
>
> Mag julle Kersdag 'n familiedag wees...net 'n oproep ver.
>
>
> DIE MÔRESTER
> Donald Riekert
>
> Die môrester laat val
> kort voor dagbreek drie
> druppels nektar
> op die rooi duin
> en drie wyse manne
> het op drie wit
> môreblomme afgekom
> en die geur van 'n
> babatjie geruik
> en hom gevind
> wat sou praat
> oor die een ster
> bo verlate duine

Hi, Kaapse Kind, 'n gelukkige Kersfees vir jou ook.

Die blomme waarvan Riekert praat ("môreblomme")
dink ek is wat ons daar op die walle van die Oranje-
Rivier "aandblomme" genoem het. Hulle het net in die
aand oopgegaan, oornag geblom en in die oggend
weer verwelk. En hulle het presies soos die babapoeier
geruik wat mens toentertyd op babatjies gebruik het
(dis mos nou uit die mode.)

Groete uit 'n helder Ottawa, waar ons oor 'n uur of so
'n gedeeltelike sonsverduistering gaan sien. Dit het glo
drie-honderd jaar gelede laas gebeur dat daar 'n sons-
verduistering op Kersfees hier plaasgevind het, en dit sal
nog drie honderd jaar duur voordat dit weer op Kersfees
val. Gister was dit maar taamlik messy en sneeuerig,
so ons waardeer die helder en sonlose lug vandag, met
die sneeu vars en wit orals.

Gloudina
Re: " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT [boodskap #38016 is 'n antwoord op boodskap #37576] Wo, 27 Desember 2000 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> On Wed, 27 Dec 2000 09:41:32 +0100, Skunk wrote:
>
> tannie Glaudina.

Dis Gloudina, nie Glaudina nie. Felina sou nie so 'n
stupid fout gemaak het nie.

Gloudina
Re: " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT [boodskap #38029 is 'n antwoord op boodskap #37576] Vr, 29 Desember 2000 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

> ( women are from Venus - men from Mars:)
>
>
>

Dis hierdie soort snert wat my moeg maak. Dit beoog net omdie bevolking van
die wêreld as 'n soort van 'n seksistiese
apartheids-sisteem te tipeer. Gray is natuurlik 'n goeie
verkoopsman en weet wat verkoop en vir hom inkomste
gee. Daar is net soveel vroumense wat from Mars is
as mansmense van Venus. Om die waarheid te sê, is die
oorgrote vroumense wat ek ken baie goeie managers
en besigheidsmense, en die mans die romantiese ouens wat
die anniversaries onthou.

Gloudina
Re: " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT [boodskap #38030 is 'n antwoord op boodskap #37576] Vr, 29 Desember 2000 23:24 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie Barnard wrote:

>
> Die môrester laat val ( stort -- soos saad)
>
> Op 'n dieper vlak: Kan dit wees dat outeur na die maagdelike geboorte
> verwys/
> 'n kosmiese bevrugting?

Het die analise geniet. Ek dink dis 'n waardige interpretasie.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Die Morester" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 12:56:14 MGT 2024